DEEL 1 – Wat maak ons met jou inligting?

Wanneer jy iets in ons winkel koop bekom ons deur middel van die transaksie persoonlike inligting soos jou naam, adres en e-posadres. Terwyl jy ons winkel besoek kry ons outomaties toegang tot jou rekenaar se internet-protokol (IP)- adres wat ons inligting bied oor jou webblaaier en bedryfstelsel.

Indien jy ʼn produk wil omruil, sal jy self verantwoordelik wees vir die verskepingskoste na Maroela Media, asook die herversending van die omgeruilde produk.

E-posbemarking (waar van toepassing): Met jou toestemming kan ons vir jou e-pos stuur oor ons winkel, nuwe produkte en die jongste inligting.

DEEL 2 – Toestemming

Hoe kry ons jou toestemming?

Wanneer jy jou persoonlike inligting aan ons verskaf deur ʼn transaksie te voltooi, jou kredietkaart te verifieer, ʼn bestelling te plaas of te reël vir ʼn aflewering of die omruiling van spesifieke aankope, aanvaar ons dat jy toestemming gee dat ons toegang kry tot jou inligting en dit slegs vir daardie rede gebruik. As ons jou persoonlike inligting versoek vir ʼn sekondêre rede, soos vir bemarking, sal ons jou óf direk vir jou uitdruklike toestemming vra óf jou die geleentheid bied om nee te sê.

Hoe onttrek jy jou toestemming?

As jy, nadat jy toestemming gegee het, wel van plan verander, kan jy te enige tyd jou toestemming terugtrek dat ons jou mag kontak, voortgesette inligting mag bekom of jou inligting mag gebruik. In so ʼn geval kan jy ons kontak by winkel@maroelamedia.co.za of skryf aan Maroela Media Koöperasie, hoek van DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig, Centurion, Gauteng ZA 0157.

DEEL 3 – Bekendmaking

Ons mag jou persoonlike inligting bekend maak sou die wet dit van ons vereis of as jy die diensvoorwaardes sou oortree.

DEEL 4 – Shopify

Ons winkel word bedryf deur Shopify Inc. wat ons voorsien van aanlyn e-handel-forums wat ons in staat stel om ons produkte en dienste aan jou te verkoop.

Jou inligting word geberg deur Shopify se databerging, databasisse en algemene Shopify-nutsprogram.

Shopify berg jou inligting op ʼn veilige webbediener agter ʼn netskans.

Betaling:
As jy vir jou aankope van ʼn direkte betalingstelsel gebruik maak sal Shopify jou kredietkaartbesonderhede berg. Die besonderhede word geënkripteer deur die Payment Card Industry Data Security Standard (PCI-DSS). Die inligting omtrent jou aankope word geberg net so lank as wat dit neem om die transaksie te voltooi. Sodra die transaksie afgehandel is, word die inligting omtrent die transaksie uitgewis.

Alle direkte betalingstelsels voldoen aan die standaarde van PCI-DSS, soos beheer deur die PCI-raad vir veiligheidstandaard wat ʼn gesamentlike poging is van handelsmerke soos Visa, MasterCard, American Express en Discovery.

PCI-DSS-vereistes dra by tot die veilige hantering van kredietkaartinligting deur ons winkel en sy diensverskaffers.

Vir verdere inligting besoek https://www.shopify.com/legal/terms vir Shopify se diensvoorwaardes of https://www.shopify.com/legal/privacy vir Shopify se vertroulikheidsverklaring.

DEEL 5 – Derdeparty-dienste

Oor die algemeen sal die derdeparty-verskaffers wat ons gebruik slegs jou inligting versamel, gebruik en bekendmaak in dié mate wat dit nodig is vir hulle om die dienste te verskaf wat hulle aan ons lewer.

Hou in gedagte dat sommige derdeparty-diensverskaffers, soos betalingstelsels en ander betalings- en transaksieprosesseerders hul eie vertroulikheidsbeleid het met betrekking tot die inligting wat ons verplig is om aan hulle te voorsien vir jou aankoop-verwante transaksies.

Ons beveel aan dat jy die vertroulikheidsbeleid van dié verskaffers nagaan sodat jy op die hoogte is van die manier waarop dié verskaffers jou persoonlike inligting sal hanteer.

Hou veral in gedagte dat van die verskaffers gesetel mag wees in of geriewe mag hê in ʼn jurisdiksie anders as jou eie of ons s’n. As jy dus kies om voort te gaan met ʼn transaksie wat die dienste van ʼn derdeparty-diensverskaffer benodig, mag jou inligting onderworpe wees aan die wette van die jurisdiksie(s) waar die verskaffer of geriewe gesetel is.

As jy byvoorbeeld in Kanada gesetel is en jou transaksie verwerk word deur ʼn betalingstelsel in die VSA, mag jou persoonlike inligting wat gebruik word in die afhandeling van die transaksie onderhewig wees aan bekendmaking ingevolge wetgewing van die VSA, insluitend die sogenaamde Patriot Act.

Wanneer jy ons winkel se webwerf verlaat en herlei word na dié van ʼn derdeparty of toepassing, is jy nie langer onderhewig aan die vertroulikheidsbeleid van ons webwerf nie en ook nie die diensvoorwaardes nie.

Skakels

As jy op skakels in ons winkel kliek mag dit jou wegstuur van ons webwerf. Ons is nie verantwoordelik vir die privaatheidsgebruike van ander webwerwe nie en ons raai jou aan om jou te vergewis van die betrokke vertroulikheidsverklarings.

Google Analytics:
Ons winkel gebruik Google Analytics om vas te stel wie ons webwerf besoek en na watter webwerwe gekyk word.

DEEL 6 – Veiligheid

Ons tref redelike voorsorg en steun op die beste praktyke in die bedryf om jou persoonlike inligting te beskerm en te verseker dat dit nie misplaas of misbruik word nie, dat daar nie toegang daartoe is nie en dat dit nie bekendgemaak, verander of vernietig word nie.

As jy jou kredietkaartinligting aan ons besorg word dié inligting geënkripteer met behulp van webveiligheidstegnologie (SSL) en geberg met ʼn AES-256-enkripsie. Hoewel geen oordragmetode op die internet 100% veilig is nie, voldoen ons aan al die PCI-DSS-vereistes en implementeer ons bykomende standaarde wat algemeen aanvaar word in die bedryf.

DEEL 7 – Koekies

Hier is ʼn lys van die koekies wat ons gebruik sodat jy kan besluit of jy koekies wil gebruik of nie.

_session_id, unieke tekseenheid volgens besoek: Laat Shopify toe om inligting te berg omtrent jou besoek (verwyser, landingsblad ensovoorts).
_shopify_visit, hou geen data nie: Duur vir 20 minute ná laaste besoek. Word gebruik deur ons webwerfbediener se rekordhouer om die getal besoeke te tel.
_shopify_uniq, hou geen data nie en verval om middernag (na gelang van die omstandighede van die besoeker): Hou rekening van die getal besoeke deur ʼn enkele besoeker aan ʼn spesifieke winkel.
cart, unieke tekseenheid, duur vir twee weke: Berg inligting oor die inhoud van jou trollie.
_secure_session_id, unieke tekseenheid volgens besoek
storefront_digest, unieke tekseenheid, onbepaald: Word gebruik om te bepaal of die besoeker toegang het indien die winkel ʼn wagwoord vereis.
PREF, duur vir ʼn besonder kort periode: Opgestel deur Google en hou rekening van wie die winkel besoek en van waar.

DEEL 8 – Ouderdom van toestemming

Deur ooreen te kom tot hierdie diensvoorwaardes, verklaar jy dat jy ten minste al meerderjarige ouderdom in jou land of provinsie van woongebied bereik het, of dat jy meerderjarig is in jou land of provinsie van woongebied, en dat jy ons toestemming gee om enige van jou minderjarige afhanklikes toe te laat om hierdie webwerf te gebruik.

DEEL 9 – Veranderinge aan hierdie vertroulikheidsbeleid

Ons behou die reg voor om hierdie privaatheidsbeleid te enige tyd aan te pas en versoek jou derhalwe om jou gereeld van die inhoud te vergewis. Veranderings en verduidelikings is van krag sodra dit op die webwerf geplaas word. Indien ons wesenlike veranderings aan die beleid aanbring, sal ons jou hier in kennis stel van die veranderings sodat jy op die hoogte bly van die inligting wat ons versamel, hoe ons dit gebruik en onder watter omstandighede, indien enige, ons dit sal gebruik of bekend sal maak.

As ons winkel gekoop word of met enige ander maatskappy saamsmelt, kan jou inligting oorgeplaas word na die nuwe eienaars sodat ons kan voortgaan om jou van produkte te voorsien.

Vrae en kontakbesonderhede

Indien jy toegang wil kry tot jou persoonlike inligting of dit wil verander of verwyder, of indien jy ʼn klagte wil indien of gewoon meer inligting verlang, kontak ons privaatheidsvoldoeningsbeampte by winkel@maroelamedia.co.za of skryf aan
Maroela Media-Koöperasie
[Vir aandag: Privaatheidsvoldoeningsbeampte]
Hoek van DF Malanrylaan & Eendrachtstraat,
Kloofsig,
Centurion
Gauteng ZA 0157