Ons beleid maak voorsiening vir 30 dae om produkte terug te stuur. Indien 30 dae verloop het sedert jou aankope, kan ons ongelukkig nie vir jou ʼn terugbetaling of omruiling aanbied nie.

Om in aanmerking te kom vir ʼn terugbetaling, moet die item ongebruik wees en in dieselfde toestand as waarin jy dit ontvang het. Dit moet ook in die oorspronklike verpakking wees.

Verskeie soorte goedere kan nie teruggestuur word nie. Bederfbare goedere soos kos, blomme, koerante of tydskrifte, kan nie teruggestuur word nie. Ons aanvaar ook nie produkte wat intieme of sanitêre goedere, gevaarlike materiale of ontvlambare vloeistowwe of gasse insluit nie.

Ander items wat nie teruggestuur kan word nie:
Geskenkbewyse
Aflaaibare sagteware-produkte
Sommige gesondheids- en persoonlike sorg items

Om jou omruiling te voltooi, vereis ons ʼn kwitansie of aankoopbewys.

Moet asseblief nie jou aankope direk aan die vervaardiger terugstuur nie.

In sekere gevalle kan net gedeeltelike terugbetalings toegestaan word (waar van toepassing) vir:
boeke wat duidelike tekens toon van gebruik;
CDs, DVDs, VHS-videobande, sagteware, video-speletjies, kassette, of vinielplate wat oopgemaak is;
enige item wat nie in die oorspronklike toestand is nie, wat beskadig is of waarvan dele weg is, wat nie ons fout is nie; en/of
enige item wat teruggestuur word ná 30 dae na aflewering.

Terugbetalings (indien van toepassing)

Wanneer jou teruggestuurde item ontvang en nagegaan is, sal ons vir jou ʼn e-pos stuur om jou te laat weet ons het die teruggestuurde item ontvang. Ons sal jou ook laat weet of jou terugbetaling goedgekeur of afgewys is.

Indien jou terugbetaling goedgekeur word, sal die terugbetaling geprosesseer word en ʼn krediet sal outomaties op jou kredietkaart of oorspronklike betalingsmetode gedoen word, binne ʼn sekere aantal dae.

Laat of vermiste terugbetalings (indien van toepassing)

Indien jy nog nie ʼn terugbetaling ontvang het nie, gaan eers weer jou bankrekening na.
Tree dan in verbinding met jou kredietkaartmaatskappy, omdat dit ʼn wyle kan duur voordat jou terugbetaling amptelik op jou staat verskyn.

Tree daarna in verbinding met jou bank, aangesien dit tyd kan vat om die terugbetaling te prosesseer en dit in jou rekening verskyn.

As jy al hierdie stappe gevolg het en jy het nog steeds nie jou terugbetaling ontvang nie, tree asseblief met ons in verbinding by winkel@maroelamedia.co.za.

Uitverkopingsitems (indien van toepassing)

Jy kan slegs terugbetalings ontvang vir items wat teen gewone pryse aangekoop is en ongelukkig nie vir items wat op uitverkoping gekoop is nie.

Omruilings (indien van toepassing)

Ons ruil net items om wat foutief of beskadig is. Indien jy dit wil omruil vir dieselfde item, stuur vir ons ʼn e-pos na winkel@maroelamedia.co.za en stuur die item na: Maroela Media Koöperasie, Monumentstraat, Voortrekkermonumentterrein, Groenkloof 358-Jr, Pretoria, 0157. Indien die produk beskadig of foutief is, sal Maroela Media verantwoordelik wees vir die verskepingskoste wanneer jy die produk aan ons moet terugstuur.

Geskenke

Indien die item gemerk is as ʼn geskenk toe dit gekoop en direk aan jou gestuur is, sal jy ʼn geskenkkrediet kry vir die waarde daarvan. Wanneer die teruggestuurde item ontvang word, sal ʼn geskenkbewys aan jou gepos word.

Indien die item nie as ʼn geskenk gemerk is toe dit gekoop is nie, of die geskenkgewer het die bestelling na sy eie adres laat stuur om dit later self vir jou te gee, sal ons die geskenkgewer terugbetaal en hy sal dus weet jy het die item teruggestuur.

Verskeping

Om jou produk terug te stuur, pos dit aan: Maroela Media Koöperasie, hoek van DF Malanrylaan & Eendrachtstraat, Kloofsig, Centurion, Gauteng ZA 0157.

Let asseblief daarop dat jy self verantwoordelik sal wees vir die verskepingskoste indien jy jou produkte wil terugstuur, sonder dat dit foutief of beskadig is. Jy sal verantwoordelik wees daarvoor om self die verskepingskoste vir die teruggestuurde item te betaal. Verskepingskoste is nie terugbetaalbaar nie. Indien jy ʼn terugbetaling ontvang, sal die koste van verskeping van jou terugbetaling afgetrek word.

Die afleweringstyd vir omruilings kan wissel, afhangende van waar jy bly.

Indien jy ʼn item stuur wat meer as R100,00 kos, moet jy dit oorweeg om ʼn verskepingsdiens te gebruik wat jou in staat stel om die pakkie te volg of jy moet dit verseker. Ons waarborg nie dat ons jou teruggestuurde item sal ontvang nie.